10 September 2018 | Maatskaplik

Kinders se harte verbly

Mej. Namibië 2018, Selma Kamanya, het babadoeke en toiletware ter waarde van N$10 000 aan die Hope Village in Katutura oorhandig. Tans word 95 kinders deur 14 vroue by dié sentrum versorg.

Mnr. Selma Ndume, tans ’n assistent by Pikkieparadys, het by Hope Village grootgeword en bemoei homself met geldinsameling vir die sentrum.

Die sentrum het die Michelle McLean-kinderfonds genader, wat die skenking moontlik gemaak het.

Die stigter van Hope Village, past. Marietjie de Klerk, is vanjaar tydens die Mej. Namibië-kroningsaand as die uitnemendste vrou in kategorie B aangewys.