22 March 2018 | Visserye

Japanse visserboot loop naby Henties op rotse

Des Erasmus - 'n Japanse visserboot het laasnag sowat 5 km suid van die Winston-wrak naby Hentiesbaai op die rotse geloop.
Deelnemers aan die nasionale hengelkompetisie het dit vroeg vanoggend gewaar. Dit lĂȘ op 'n rotsrif naby die Black Rock-strand.
Die bemanning van die boot is nog aan boord en daar is geen teken van reddingsvaartuie in die omgewing nie.