31 August 2018 | Kuns en vermaak

Inspirasie Tafels is hier!

Inspirasie Tafels het gister amptelik afgeskop en besoekers aan dié leefstylskou het nog tot môreaand 22:00 tyd om 'n draai by die Windhoekse Skougronde en die kleurvolle stalletjies te maak. Op die spyskaart is van kosdemonstrasies tot optredes van gaskunsteraars soos Vaughn Ahrens en Ben Dey and the Concrete Lions. - Foto Yolanda Nel