30 July 2018 | Gesondheid

Hospitaal: Einde van muise se skrikbewind glo in sig

Gif met ’n langdurige uitwerking gaan gebruik word om die plaag rotte en muise in die Katutura-staatshospitaal finaal hok te slaan. Die superintendent van die hospitaal, dr. Fady Ashmawy het vanoggend tydens ’n mediakonferensie gesê ultrasoniese afweermiddels gaan ook vir ’n “radikale uitwissing” ingespan word. Hy het ook die “gedrag van pasiënte” die skuld vir die plaag gegee en gesê pasiënte los “oorskiet van kos en broodkrummels” oral en die “diere doen niks verkeerd nie”.