07 September 2018 | Kuns en vermaak

Hoenderstukke in heuning en bier

Maak dié gereg in 'n ketelbraai of bak dit in die oond.



Jy benodig

• 1 blikkie (340 ml) bier

• 8 hoenderstukke

• 2 uie, in ringe gesny

• ½ eetlepel olyfolie

• ½ koppie heuning

• 4 knoffelhuisies, fyngekap

• 2 eetlepels tamatiepasta

• 1 suurlemoen se gerasperde skil en sap

• 2 eetlepels sojasous



Só maak jy

1. Plaas hoenderstukke en die uie saam in 'n swartpot of oondbak en skink die bier bo-oor.

2. In die ketelbraai: Plaas die pot oop in 'n warm ketelbraai met dié se deksel op vir 20 minute. Voeg die res van die bestanddele by die pot en roer deur. Sit nog 'n paar kole by. Plaas die pot oop terug in die warm ketelbraai, sit weer die braai se deksel op en los dit vir nog 30 minute totdat die hoender gaar en die sous taai is.

3. In die oond: Indien jy dit in die oond maak, bak die hoender teen 180 °C oop in die oond.

4. Sit die hoender voor met kapokaartappels of rys. - Netwerk24