29 August 2018 | Gebeure

Henties weer eens 'n fees

Adolf Kaure – Die afgelope naweek is die gewilde Hentiesbaai-fees weer op dié kusdorp gehou.

Honderde mense het in die geel tent bymekaargekom om die verskeie aktiwiteite te geniet.

Saterdag het die 10 kilometer-pretloop, asook die 30 km- en 55 km-fietsry plaasgevind. Daar was ook ’n parade na die tent toe.

Soos gewoonlik was daar talle stalletjies waar kos, drinkgoed en handgemaakte artikels verkoop is.

Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Charlize Berg, Robbie Wessels, Fatman, Franja Du Plessis, Dirk van der Westhuizen en Joe Foster het die skare vermaak. Die Namibiese kunstenaars was Ruan Josh, Vaughn Ahrens, Danie Prinsloo, Claudine Nelson, George Longane, Werner van Zyl, Shydogs, Haak en Steek, Niekie Roberts en Jacques Vermaak.