07 September 2018 | Ongelukke

Hartseer toneel by ongeluk buite Gobabis

Denver Kisting – ’n Tweejarige kind is gistermiddag op sy 19-jarige ma se lyk by ’n ongelukstoneel tussen Gobabis en Leonardville aangetref.

Twee mense is dood in dié motorongeluk in die Omahekestreek.

Volgens hoofinsp. Kauna Shikwambi, ’n polisiewoordvoerder, het die ongeluk omstreeks 14:13 gebeur.

Die bestuurder (49) van die dubbelkajuitbakkie het glo beheer oor die voertuig verloor nadat ’n band gebars het.

Hy is met ernstige beserings Windhoek toe oorgeplaas vir mediese behandeling.

Shikwambi sê die oorledenes is mee. Juliana Springbok (ma van die kind) en Anna Witbooi (52).

Die kind en ’n onbekende man het ligte beserings opgedoen, sê Shikwambi.

Die bakkie het aan die regering behoort.