12 July 2018 | Ekonomie

Handelsoorlog: VSA vuur nog 'n skoot af

Die Brent-ruolieprys het in 'n stadium met meer as 'n US$1 dollar per vat geval nadat pres. Donald Trump van Amerika Dinsdag aangekondig het dat hy beplan om 'n 10%-handelstarief op 'n addisionele US$200 miljard se Chinese invoerprodukte te hef.

Aandele het geval en China se markte is die swaarste getref. Dit het die land genoop om 'n waarskuwing aan die VSA te rig dat die handels­orde wêreldwyd nou skade ly.

Amerika het 'n lys van ­duisende Chinese invoerprodukte bekend gemaak waarop daar nuwe tariewe gehef sal word. Dit sluit kos, tabak, chemikalieë, steenkool, staal, aluminium en verbruikersgoedere in.

Washington het verlede week aangekondig 'n invoertarief van 25% op Chinese ingevoerde produkte ter waarde van US$34 miljard sal gehef word.

Dit het die sneller getrek vir wat China as die “grootste handelsoorlog in die ekonomiese geskiedenis” bestempel.– Netwerk24/Reuters