07 November 2018 | Ongelukke

Gru-ongeluk: Sewe verbrand ‘onherkenbaar’

Twee kinders en vyf volwassenes het vanmiddag onherkenbaar verbrand ná ‘n botsing tussen ‘n minibus en bakkie sowat 15 km noord van Otjiwarongo op die hoofpad na Otavi.
Volgens die polisie het die ongeluk omstreeks 13:30 plaasgevind. Die bestuurder van die minibus het glo ‘n voertuig verbygesteek en kop-aan-kop teen die aankomende bakkie gebots.
Die impak van die ongeluk was só groot dat die minibus aan die brand geslaan en die brand na die bakkie versprei het, aldus die polisieverklaring.
Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare mansslag.
Die minibus het 17 insittendes gehad en daar was een persoon in die bakkie, sê die polisie.
Tien mense het die ongeluk oorleef, onder andere ‘n dogtertjie van twee jaar. Hulle is na die staatshospitaal op Otjiwaringo geneem.