07 September 2018 | Kuns en vermaak

Gevulde hoenderborsies met jalapeno's

Pleks van om chilli poppers met roomkaas te vul span jy roomkaas én die rissies as vulsel in. Panko-broodkrummels is fyner as gewone broodkrummels en sorg vir 'n ligter broslagie.



Jy benodig:

• 4 hoenderborsies

• 125 ml roomkaas

• 4 velletjies prosciutto of ­

parmaham

• gepekelde jalapeno-skyfies

na smaak

• sout

• swartpeper

• 125 ml parmesaan, fynge­

rasper

• 250 ml panko-­broodkrummels of gebreekte ­nacho-skyfies



Só maak jy:

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC.

2. Vlek die hoenderborsie oor die lengte, maar moenie dit heeltemal deursny nie.

3. Smeer 'n laag roomkaas binne en vul elke borsie met 'n velletjie ham en 'n skeppie jalapeño.

Geur dit met sout en peper na smaak en vou die hoenderstukke toe.

4. Rangskik die hoender op 'n bakplaat.

Meng die kaas en krummels en druk dit in 'n laag bo-op elke hoenderstuk vas. Bak vir 15-20 minute of tot gaar. - Netwerk24