11 September 2018 | Onderwys

Geen afleggings by Nimt

Die minister van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, dr. Itah Kandjii-Murangi, het opdrag gegee dat die 44 personeellede wat by die Namibiese Instituut vir Mynwese en Tegnologie (Nimt) afgelê is, weer aangestel moet word. Die betrokke personeel moet ook onverwyld na hul poste terugkeer. Volgens Kandjii-Murangi is die regering bewus van die finansiële uitdagings wat die instelling in die gesig staar, maar sal dit nie toelaat dat dit 'sink' nie.