23 August 2018 | Plaaslik

Gebarste pyp laat sommige Windhoekers sonder water

Die munisipaliteit het vanoggend (Donderdag) 'n kennisgewing uitgereik om inwoners van Soweto, Golgota en Nubuamis oor 'n tydelike wateronderbreking in te lig.
'n Tegniese span is uitgestuur om 'n gebarste waterpyp tussen Abraham Mashego- en Sukkotstraat te herstel.
Krane in dié woonbuurte behoort binnekort weer water te hê.