23 August 2018 | Tegnologie

Facebook-plasings verdwyn

Verskeie Facebook-gebruikers het rapporteer dat hul Facebook-plasings soos mis voor die son verdwyn.

Die probleem raak slegs sekere Facebook-bladsye en plasings.

Op eie bodem het plasings op Namibia Media Holdings (NMH) se Facebook-bladsye van Namibian Sun en Allgemeine Zeitung spoorloos verdwyn.

Klagtes oor geheime verdwynings van plasings het weer in Mei kop uitgesteek nadat dit die eerste keer in April 2015 aangemeld is.

Volgens internasionale mediaberigte word vermoed dat 'n rekenaarvirus die oorsaak van die geheime verdwynings is.