12 September 2018 | Menings

Facebook

Gesels saam tydens ons regstreekse Facebook-nuusgesprekke en lewer kommentaar op nuusbrekers.



Hernude pleidooi vir Bybelonderrig op skool:



As 90% van Namibiërs as Christene geïdentifiseer kan word, hoekom kan Christelike onderwys nie teruggebring word na skole nie? Dit is geen waarborg nie, opvoeding behoort by die huis te begin, maar vandag se kinders is môre se ouers. Die ander gelowe wat ons nie wil te na kom nie – het hulle in hul lande van oorsprong dieselfde gesindheid teenoor Christene? – Johann Muller



Nie net Bybelonderrig op skool, maar lyfstraf. Bring die twee terug en oor 'n paar jaar het ons kinders in ons skole wat hulle sosiale waardes respekteer. En beter volwassenes gaan wees. – Jo-Ann Katamila



"Twee negejarige meisies, een

vrou verkrag":



Ag nee man, is dit nou regtig nodig in ons land of samelewing? Kan daar nie 'n wet ingestel word wat hierdie gedrag hok slaan nie. – Lillian Blaauw



Is dit al wat die polisie kan doen. . . Verslag gee? Nog nie 'n enkele voorsorg is getref, gedoen of uitgevoer na Cheryl se gruwelmoord nie en so word dit net erger en erger. Kan die Namibiese polisie nie wakker raak en hul sokkies optrek en vir 'n slag iets ernstig doen? – Sylydia Fourie