24 July 2018 | Toerisme

Etosha-toeriste oortree al weer

Tanja Bause - Republikein het weer eens talle foto’s van toeriste ontvang wat die Etosha Nasionale Park se reëls oortree. Van die toeriste klim uit hul voertuie of sit op hul dakke om foto’s te neem. Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme (MET), mnr. Romeo Muyunda, kan sulke foto’s aan MET-beamptes by die naaste MET-kantoor getoon word sodat stappe teen dié toeriste gedoen kan word voor hulle die park verlaat. Volgens hom sal die oortreders ’n boete kry.

Die parkreëls stel onomwonde dat besoekers te alle tye in hul voertuie moet bly, tensy hulle in duidelik afgebakende gebiede is.

“Moenie die voertuig se deure oopmaak of by vensters of sondakke uitleun, of op die voertuig se dak klim om beter te kan sien nie,” sê dit.

Oop voertuie en motorfietse is verbode.