18 May 2015 | Kultuur

Duisende trek saam vir Sam !Khubis-eeufeesherdenking

By die eeufeesherdenking van die Slag van Sam !Khubis, het die Baster-volk sy gelofte teenoor God hernu. By die geloftediens op die eeufeesterrein op Vrydag het die volk onderneem om dit wat deur opeenvolgende, onderdrukkende bewinde van hulle geneem is, terug te eis. Deel van die fees het 'n geloftediens, parade, musiekblyspel en die aansteek van die feesvlam ingesluit.