05 July 2018 | Onderwys

Duisende méér vir NSFAF-studente ná betaalglips

Nam-Mic Payment Solutions, die betalingsvennoot van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF), het 'n betalingsfout begaan en te veel geld in van die studente se rekenings betaal.
Dié studente is leninghouers wat eenmalig N$3 000 moes kry as skikkingsbedrag van die geld wat die hulpfonds nog vir die 2017 akademiese jaar aan hulle verskuldig is.
Van die studente het inbetalings van N$30 000 gekry pleks van N$3 000, terwyl ander wat N$1 700 moes ontvang, vandag eenklaps N$17 000 in hul rekenings gehad het.
Volgens Nam-Mic se uitvoerende hoof, mnr. Walter Don, sal geen finansiële verlies as gevolg van die fout gely word nie. Hy sê dit is aangesien die studente 'n daaglikse perk van N$2 000 op hul rekenings het. Hy sê die rekenings waarmee 'n fout begaan is, sal gevries word tot die geld herwin is.

Foto: Die inbetalingsbewys is deur 'n student op Facebook geplaas.