12 September 2018 | Menings

Die spoke in ons onderwys

Dit is goed dat sowat 130 departementshoofde van laer- en hoërskole Maandag en Dinsdag in Windhoek vergader het om hul bestuursvaardighede te slyp.

As 'n mens egter lees waaroor kursusgangers met die wegspring voor stok gekry is, wek dit hernude kommer oor onderwys se getuigskrif. En sorge oor onderwys en opvoeding is nie gering nie.

'n Hoofonderwysbeampte het die beraad volgens die Namibiese Persagentskap (Nampa) streng oor die behoorlike monitering en bestuur van deurlopende evaluering (punte vir byvoorbeeld klastoetse en take) aangespreek – om spookpunte uit te roei. Daar is nie gesê hoe wyd verspreid die opmaak of vervalsing van punte voorkom nie, maar as dit aangeroer word, moet dit 'n probleem wees.

'n Landswye ondersoek is voorheen gelas om spook­onderwysers aan die kaak te stel, maar verskeie ander “spoke” is kennelik nog op loop.

Gebrekkige spanwerk en personeeltwiste het ook onder die loep gekom.

Ander onderwerpe was verantwoording, vakinhoud en -kennis, leerplanne, projekbestuur en instandhouding. Hopelik het die bestes hul raad met ander gedeel – ook hoe om die verval van geriewe te stuit. Met die min geld wat skole ontvang, bly dit waarskynlik soos ander kwessies 'n gebedsaak.

Almal vir wie gepreek is, is nie noodwendig skuldig nie, maar probleme soos die maak 'n mens besorgd oor mensekapitaal in die onderwysstelsel. En hier word gepraat van onderwysers wat weens ondervinding en kundigheid reeds tot bestuursposte bevorder is.

Hopelik sal die beraad regruk waar dit nodig is.



So sê ander

11 September 2018



Onmacht van gevestigde politiek is zorgwekkend



De gematigde krachten in Europa is een nieuwe schok bespaard gebleven. De Zweden Democraten zijn niet de grootste partij van Zweden geworden, zoals sommige peilingen voorspeld hadden.

Niettemin laat de forse winst voor de Zweden Democraten andermaal zien hoe de migratiecrisis van 2015 Europa heeft gedestabiliseerd.

Zweden kende weliswaar een sterke “welkomstideologie”, maar in de praktijk schoot de integratie van minderheden tekort, waardoor de buitenwijken van de grote steden worden geplaagd door werkloosheid en criminaliteit. De Zweedse verkiesingsuitslag toont een gefragmenteerd politiek landschap waarin migratie als splijtzwam fungeert. Zweden is een normaal Europees land geworden, zoals de rechtse ex-premier Carl Bildt zondagavond twitterde.

• DE VOLKSKRANT