18 April 2019 | Internasionaal

Die Notre-Dame-inferno

Die Dame van Parys – die Notre-Dame-katedraal in Parys, Frank­ryk – het Dinsdag haar littekens gewys ná die verwoestende brand wat Maandagmiddag op die dak van die Gotiese katedraal ontstaan het.

Die katedraal was besig om groot restourasiewerk te ondergaan toe 'n brand Maandagmiddag op die dak ­opgemerk is. Die brand het op die dak van die katedraal begin en vinnig ­versprei en ineengestort. Die dak is in die Middeleeue van hout en teer gebou. Brandweermanne het 'n mens­like ketting gevorm om die kuns­skatte en artefakte in die katedraal te red. ­Parysenaars het op die rivierbanke saamgedrom om dié historiese toring voor hul oë te sien verkrummel. Danksy die werk van brandbestryders staan die dop van die katedraal nog. 

– Netwerk24