10 September 2018 | Gebeure

Die belofte van 'n nuwe seisoen

Die Bybelgenootskap van Namibië het met die aanvang van die lente hul eerste vroue-ontbyt by Arebbusch Travel Lodge in Windhoek aangebied.

Die gasspreker was me. Christine Ferreira, redakteur van die tydskrif Lééf, wat 'n besielende boodskap aan 170 vroue van oraloor Namibië gebring het.

Ferreira het met haar boodskap uit Hooglied se “Mooi soos 'n Beminde” beloftes van 'n nuwe seisoen gebring aan elkeen wat dié spesiale dag bygewoon het.

Die Bybelgenootskap het hul dank teenoor al die borge, vrywilligers en elkeen uitgespreek wat tot die ontbyt se sukses bygedra het. Lesers wat by die Bybelgenootskap betrokke wil raak, kan Esmé by 083 333 of [email protected] kontak.