04 September 2018 | Landbou

Dagboek vir die landbouer

Veldskiet-kompetisie by Onder-Nossob

Die Onder-Nosseb BV bied Saterdag ’n veldskiet-kompetisie aan. Inskrywings beloop N$500 (span), N$250 (enkel) en N$150 (kinders bo 16). Die wenspan (vier lede) kan N$10 000 losskiet, terwys mans (enkel) N$5 000 en vroue (enkel) N$3 000 kan wen. Die kinders se pryse is ’n verrassing.

Die aand word daar gekuier en gedans en dit kos N$150 per persoon, wat die ete insluit.

Vir meer inligting kontak Danny of Elana by 063 275 239 of 081 222 1773.

Grootfontein trek saam vir Oesfees

Grootfontein se jaarlikse Oesfees vind Saterdag op die plaas Venus van Klaas Malan plaas.

Dit is sowat 20 km van Grootfontein op die meteorietpad (Otavi-rigting). Die fees begin om 10:00 met skyfskiet, ‘n kinderprogram, stalletjies, ‘n tuinpraatjie deur Efekto se Riaan Momberg en ander items.

Die tema vanjaar is “Grondbiologie” en ‘n aanbieding deur dr. Ronel Hendricks beloof om insiggewend te wees. Mnr. Koos Bezuidenhout, ‘n bekende boer van Ottosdal, kom vertel van boere in die Noordwes-provinsie se strategieë om te midde van swak graanpryse te oorleef.

Die dag word afgesluit met die Mej. Oesfees-kompetisie, ’n spitbraai en ’n dans. Vir meer inligting kontak Klaas Malan by 081 124 0463, Wim Lubbe by 081 124 0239 of Herman Stroh by 081 258 1720.

Dordabis se lede vergader

Hierdie BV hou ‘n ledevergadering op 13 September om 14:00 in die BV-saal. Die gassprekers is mnre. Andre Botes en Tobie le Roux. Kontak Christine Romeis by 061 231 230 of [email protected]