16 April 2019 | Landbou

Dagboek vir die landbouer

Leonardvillers vergader ­binnekort

Lede van die Leonardville Boerevereniging (BV) vergader op 30 April om 15:00 in die BV-saal. Maans Dreyer van Aqua Real Estate is die gasspreker. Kontak Johannie Brenkman by 062 581 108 of [email protected] vir meer inligting.



Outjo skud vere reg vir ­Wildsfees

Die Outjo Wildsfees word vanjaar op 3 en 4 Mei by die Sophienhof Lodge langs die C39-pad na Khorixas gehou. Mense wat stalletjies wil bespreek, kan Elzanne Koen by 081 421 3042 of [email protected] kontak. Vir algemene navrae, bel vir Lizel by 081 354 8118 of Carina by 081 124 9011.



Hoërand hou 4x4-makietie

Hoërand BV hou 'n 4x4-saamtrek vanaf 3 tot 5 Mei op die plaas Graal. Kontak Johnny Hanekom by 081 129 1816 of Alfie Truter by 081 128 1464 vir meer inligting oor hierdie geleentheid.