11 September 2018 | Menings

Cheryl Avihe Ujaha

DIRK VAN ZYL SKRYF:

Cheryl, jou lewe op aarde was ’n wyle,

Hierdie tyd is geleen, om die mooi na te streef.

Ywerig en volhardend, was van jou waardes,

Respek het jy afgedwing, deur nederig te leef.

In jou hart sien God met sy oë die goeie,

Laat uit jou jonge lewe, ’n les ontstaan.

As ’n instrumentjie in God se twee hande,

Verlig Hy uit jou, ’n pad waarop ons kan gaan.

In die hart van die mens, is droefheid bespeur,

Hemelse teorieë, het hul siel verlaat.

Eintlik gebeur dinge, vir ons wat agterbly,

Uit Sy wysheid stroom liefde, en spreek geen haat.

Jesus Christus het vir haar ’n voorbeeld gelaat,

As ’n kind moes sy leer, om dié beker te drink.

Haar genade en vertroosting, is oneindig,

Alwetend is die God, wat ons beker sal skink.