14 June 2018 | Energie

Beweringe oor landwye kragonderbreking onwaar

NamPower het kennis geneem van ‘n boodskap wat op sosiale media versprei is dat daar geen elektrisiteit môre landwyd in Namibië vanaf 06:00 tot 12:00 gaan wees nie.

NamPower het in ‘n mediaverkalring verseker dat die boodskap nie deur die nasionale kragvoorsiener uitgereik is nie en dat die beweringe oor die kragonderbreking onwaar is.