29 August 2018 | Plaaslik

Bejaarde Rehobothers moet vir afslag registreer

Pensioenarisse op Rehoboth het nog tot vanmiddag (Woensdag) om vieruur kans om by die dorpsraad te gaan registreer vir afslag op hulle toekomstige munisipale rekeninge.
Volgens die uitvoerende hoofbeampte van die munisipaliteit, me. René Farmer, is die spertyd verleng op versoek van verskeie inwoners wat nie permanent op die dorp woon nie.
Die registrasieproses is deel van die dorpsraad se poging om sy interne finansiële bestuurstelsel in pas te bring met die tariewe wat in die Staatskoerant gepubliseer is.
Gesinne van gestorwe pensioentrekkers, veral diegene wat eiendom op die dorp gehad het, word ook aangemoedig om spoedig te registreer.