05 February 2019 | Landbou

Aranos-abattoir wys topprodusente aan

Die kleinveeprodusent mnr. André van Tonder is deur Natural Namibian Meat Producers (NNMP) wat die uitvoerabattoir op Aranos bedryf, as sy topprodusent van 2018 aangewys en het daarmee prysgeld van N$20 000 losgeslaan.

NNMP het tydens ‘n geleentheid op 25 Januarie op Aranos sy tien topprodusente aangekondig en ook boere bekroon wat die meeste skape deur hierdie abattoir bemark het.

Volgens mnr. Sarel Oberholzer, direkteur van NNMP, het elke kleinvee-eenheid wat deur hierdie vleisverwerkers geslag en bemark is, tot die sukses van die onderneming bygedra.

Hy het gesê die toekennings is ‘n manier waarop die abattoir vir die produsente kan dankie sê.

Die ander topprodusente is:

· 2de: Hannes Coetzee

· 3de: Arnold & Kobus de Jager

· 4de: Jan Bredenhann

· 5de: Gert Nelson

· 6de: SP du Plessis

· 7de: Albie Smith

· 8ste: Nick Maritz

· 9de: FJ Visser

· 10de: Chris van Tonder

Mnre. Giel Botma en Gerhard Mostert is aangewys as die produsente wat in 2018 onderskeidelik meer as 1 000 en 500 skape deur NNMP bemark het.