Vertroue in veiligheid taan
Hoogste persentasie in twee dekades
Diefstal en inbrake word deur die meeste Namibiërs as die grootste bedreiging tot veiligheid en sekuriteit in gemeenskappe beskou
Meer as die helfte van Namibiërs (52%) sê hulle het die afgelope jaar misdaad in hul huise gevrees, die hoogste persentasie in die afgelope twee dekades.
Byna ses uit tien respondente (59%) van ’n Afrobarometer-opname sê hulle het ten minste een keer die afgelope jaar onveilig gevoel om in hul onderskeie woonbuurte te stap, die hoogste getal sedert 2012.
Wanneer ’n inwoner voel sy of haar veiligheid word bedreig, het byna die helfte (46%) gesê hulle sal die polisie eerste om hulp vra. Byna ’n kwart (27%) van die respondente sal eerste by familielede om hulp aanklop, terwyl net een uit tien eerste hulp by gemeenskapsleiers sal soek. Meer landelike as stedelike inwoners reik uit na gemeenskapsleiers vir hulp. Ook is dit meer ouer inwoners as jong mense wat verkies om hulle om hulp te vra.
Diefstal en inbrake word deur die meeste Namibiërs as die grootste bedreiging tot veiligheid en sekuriteit in gemeenskappe beskou (27%), gevolg deur rooftogte (14%), dwelms en alkohol (14%) en veediefstal (11%).
Namibiërs se vreesvlakke is besig om te styg, hoewel die meeste voel die land is ’n veilige plek om in te bly. Drie uit vier landgenote sê veiligheid en sekuriteit het die afgelope vyf jaar in Namibië verbeter. Dit ten spyte van die feit dat al hoe meer misdaad vrees.
Meer as die helfte erken hulle het al misdaad in hul huise gevrees en die afgelope jaar onveilig gevoel om in hul onderskeie woonbuurte te stap. Inwoners wat bedreig voel, sê hulle sal eerste by die polisie om hulp aanklop, terwyl een uit vier verkies om eerste ander familielede te nader. Diefstal en inbrake is bo-aan die lys van die ernstigste bedreiging tot veiligheid en sekuriteit, gevolg deur rooftogte, dwelms en alkohol.
Volgens die opname sê tweederdes (74%) van die respondente Namibië is ’n “ietwat veilige” of ’n “baie veilige” land om in te woon. Daar is weinig verskil tussen plattelanders en stedelinge se graad van gerustheid oor hoe veilig hulle in die land voel, terwyl vroue ietwat meer geneig is as mans om Namibië as onveilig te klassifiseer. Dieselfde persentasie (74%) sê die land het “baie veiliger” of “ietwat meer veiliger” die afgelope vyf jaar geword, om in te woon. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie