September se topfoto's

KIEKIEKOMPETISIE
Kristien Kruger
Ons het hierdie maand ongelooflike foto's ontvang en die keuse van ons top 5 was regtig 'n uitdaging. Die wenners van hierdie maand het spesiale oomblikke met hulle lense vasgevang – van ’n pragtige sonsak op Hentiesbaai se strand na ’n kalfie met sy kop op ’n jong seuntjie se skoot.

Inskrywings vir volgende maand se kompetisie is reeds oop! Stuur jou foto via WhatsApp deur die sleutelwoord “Rep” te stuur na 085 785 6231. Wag vir ’n antwoord, kies dan “lesersbydraes” en daarna “lesersfoto”.

Heg jou foto aan en stuur. Gebruik die HD-funksie op WhatsApp om die beste kwaliteit te behou. Jy kan jou foto ook per e-pos stuur na [email protected].

Ons aanvaar slegs een foto per persoon per maand en dit moet jou eie oorspronklike foto wees.

Baie geluk aan ons wenners, en ons sien uit na volgende maand se inskrywings!

Kommentaar

Republikein 2025-05-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer