Inspekteurs dring aan op toelaes
Behuising, vervoer
'n Versoek is deur die onderwysersunie gerig om bestuurstoelaes vir onderwysinspekteurs af te skaf omdat dit 'n "onregverdige arbeidspraktyk" is.
Henriette Lamprecht – ’n Groep onderwysinspekteurs het hulle tot die hoërhof gewend om ’n besluit nietig te laat verklaar dat hul behuisings- en vervoertoelaes geskrap word.
Die 47 aansoekers en onderwysinspekteurs vra dat die eerste minister en openbare dienskommissie dié besluit ongeldig verklaar.
Die aansoek word teen die minister van onderwys, kuns en kultuur, die eerste minister, die openbare dienskommissie, die Namibië Nasionale Onderwysersunie (Nantu), die regering, sowel as die arbeidskommissaris gebring.
In sy eedsverklaring namens al 47 aansoekers, sê Milton Ya Otto behuisings- en vervoertoelaes was sedert 2015 deel van inspekteurs se voordele en werksvoorwaardes. In 2018 is inspekteurs egter meegedeel dié voordele is afgeskaf. Volgens Ya Otto is dit egter sonder konsultasie met die inspekteurs gedoen wat ook nie vooraf hieroor ingelig is nie. Hy beweer ook sommige van die inspekteurs is tot op hede nie oor die “eensydige besluit” ingelig nie en moes daarvan by ander hoor. Die behuisingsvoordeel beloop N$63 137 per jaar, terwyl die vervoertoelaag N$71 916 per jaar is.
Volgens Ya Otto word die hofaansoek deur voormalige onderwysinspekteurs ondersteun wat intussen afgetree het, maar wat in diens van die ministerie van onderwys was toe die voordele in 2015 uitgebrei is.
Met verwysing na ’n ooreenkoms wat tussen die regering en Nantu bereik is om die terme en voorwaardes vir die indiensneming van inspekteurs te wysig, sê die aansoekers dit is ongeldig aangesien hul toestemming nooit hiervoor verkry is nie. Dit is verder ook nooit met hulle bespreek nie, terwyl die ooreenkoms volgens die aansoekers nooit op skrif gestel is nie.
Ya Otto sê hy en drie ander inspekteurs – Urbanus Kaihiva, Gibson Munene en Jafet Siteketa – het ’n dispuut na die kantoor van die arbeidskommissaris verwys. Dié dispuut is steeds hangend.
Volgens ’n brief van die kantoor van die eerste minister in Julie 2018 is ’n versoek deur Nantu gerig om bestuurstoelaes vir onderwysinspekteurs af te skaf omdat dit ’n “onregverdige arbeidspraktyk” is.
Sedert ’n ooreenkoms in dié verband reeds in April 2017 tydens ’n ontmoeting bereik is, het ’n konsultasieproses op alle vlakke gevolg. Die skrywe maak dit duidelik die toelaes is ná ’n regsproses goedgekeur, met ’n soortgelyke proses wat gevolg moet word om dit te onttrek.
Die minister, Anna Nghipondoka, sê in haar eedsverklaring sy staan die aansoek teen en vra dat dit met koste van die hand gewys word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie