Bybelse wysheid
DR. ANNES NEL
Psalm 30:11–12: “‘Luister, Here, en wees my genadig! Help my, Here!’ Ek was in rou, maar U het my van vreugde laat dans. U het my rouklere uitgetrek en vir my feesklere aangetrek.”
’n Romeinse Stoïsynse filosoof uit die eerste eeu het gesê: “Hy wat ’n geskenk of voordeel met dankbaarheid ontvang, betaal die eerste paaiement van sy skuld.”
Het jy God vandag gedank vir wat jy het? – die kos, klere en Sy vergifnis?
By die inwyding van die tempel het die volk hierdie psalm gesing. Hulle het saam met Dawid getuig dat die Here hulle nie in die steek gelaat het nie. Hy was baie naby aan die graf (30:4). Waarskynlik was hy ernstig siek. Hy het gedink dat sy tyd om met God te praat aan ’n einde gekom het (30:10). Sy ervaring van lyding is verdiep toe hy gevoel het dat God hom verlaat het (30:8). Sy vyande het ook met hom begin spot (30:2).
Tog het dinge radikaal verander toe God hom genees het. Eers was daar rou, siekte en dood, maar nou is daar gesondheid, krag en vreugde (30:3,4,12). Daarom moet God geloof word (30:2,5,13). Hy het weer sin aan die lewe gegee. Die lewe is die plek waar God geprys word. Ná die dood is dit nie meer moontlik nie (30:10).
Hoeveel te meer moet ons dankbaar wees. Die dood is oorwin en ons lof sal vir ewig duur! Kom ons begin vandag om dankbaar leef vir die gratis gawe van God se genade.
Here, ek sal u lof besing en nie swyg nie, in Jesus se Naam. Amen.
* Rubrieke, meningstukke, briewe en SMS’e deur lesers en meningvormers weerspieël nie noodwendig die siening van Republikein of Namibia Media Holdings (NMH) nie. As mediahuis onderskryf NMH die etiese kode vir Namibiese media, soos toegepas deur die Media-ombudsman.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie