Beleggings in Savanna sluit op bykans N$142 miljoen
Die eerste voortydige resultate dui daarop dat produsente-beleggings in Savanna Vrydag op N$ 141,925 miljoen gesluit het, met altesaam 521 aansoeke wat ontvang is.
Mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Forum vir die Beesvleiswaardeketting (BVCF), sê egter Cirrus Capital is nog besig om die laaste administrasie af te handel.
"Die finale resultate sal op 29 Junie tydens die Savanna Beef Processors se eerste raadsvergadering bekend gemaak word," het hy gesê.
"Op die laaste dag het produsente ongeveer N$10 miljoen belê.
"Die BVCF-span bedank alle aansoekers vir hul oorvloedige bydraes. Nie baie het soveel ondersteuning verwag nie, maar dit wys duidelik dat daar 'n gemeenskaplike doelwit is wat behaal moet word."
Intussen het die forum se ledetal tot op 527 gegroei, met e-posse van nuwe lede wat aansluit wat "op 'n uurlikse basis" ontvang is.
"Dis ’n sterk produsente-basis wat ons in gedagte gehad het," het die BVCF in 'n boodskap aan lede gesê. "Kom ons produsente neem beheer van ons produk – vir 'n beter toekoms!" – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie