Beesboere ‘spring’ eerste hekkie

Savanna Beef-beleggings staan op N$94 miljoen
Terwyl die beplande BVCF-abattoir nou meer na ʼn werklikheid lyk nadat produsente die minimum- beleggingsmylpaal bereik het, lê daar nog groot stappe voor.
Elvira Hattingh
Gister teen 17:00 het 232 beesprodusente beleggingsaansoeke van N$94,216 miljoen vir Savanna Beef Processors (SBP) ingedien.

Dit kom nadat die eerste reusemylpaal van N$91 miljoen reeds Dinsdag bereik is.

“Ons hoop nou om N$100 miljoen te bereik en meer as 300 beleggers te kry,” het Cirrus Capital se mnr. Romé Mostert gister aan Republikein gesê.

Dit kom ʼn week en ʼn dag vóór die beleggingsvenster in SBP vir produsente op 24 Junie om 12:00 sluit.

“N$90 miljoen is die minimum wat ons vir onsself gestel het, ons wil graag verby N$100 miljoen en verder kom. Die venster is nog oop vir produsente om te belê,” het die Forum vir die Beesvleiswaardeketting (BVCF) se voorsitter, mnr. Mecki Schneider, gister gesê.

“Ná 24 Junie sal die BVCF se raad van direkteure hul eerste sitting hê en besluit oor die pad vorentoe. Ons moet nog die N$200 miljoen ‘vol kry’,” het Schneider gesê.

Hy sê die bereiking van die N$90 miljoen-mylpaal beteken nie dinge gaan nou al begin nie. Altesaam N$200 miljoen se aandele in SBP is beskikbaar.

“Ons is besig met ʼn klomp goed, soos die bemarkingsaksie. Dit is uiters noodsaaklik, want dit is die trekperd vóór,” sê Schneider.

“Ons is ook besig met die infrastruktuur en het kennisgewings van belangstelling (EOI’s) uit verskeie oorde ontvang – ook uit die buiteland – om dit te ontwerp en te bou.”

Hy het bygevoeg dat ʼn formele tenderproses sal volg en ʼn voorlegging aan beleggers gemaak sal word nadat tender-evaluasies gedoen is.

“In die laaste kwartaal van die jaar gaan ons die voorlegging aan aandeelhouers maak en dan sal hulle besluit of ons begin bou en voortgaan of nie.

“Ons moet egter eers die finansiering regkry.

“Hierdie is nog net produsente se bydraes. Ons moet nog uitgaan en verdere finansiering kry, wat ʼn verdere maand sal neem,” het Schneider gesê.

Hy het bygevoeg dat die forum se ledetal tans op 440 lede staan.

DIE MINIMUM

Die N$90 miljoen is “strategies,” het Mostert gister verduidelik. “Dit is die minimumbedrag waar die rente op die kapitaal gelyk is aan die goedgekeurde uitgawes oor die volgende interim 18 maande, (voor ons enige transaksies doen).

“Dus, sou Savanna nie voortgaan met die bou van die abattoir nie, dan kry die beleggers ten minste hul kapitaal terug.”

Hy sê boonop verseker die bedrag, saam met die BVCF se aandeel van N$10 miljoen, dat produsente beheer oor die abattoir sal hê.

“As ons minder as dit het, gaan geen ander belegger die meerderheid kapitaal neersit nie. Ons het nodig dat produsente ‘skin in the game’ het, sodat ons ander aandeelhouers kan kry om ook te belê,” het hy verduidelik.

VOORKEUR

Intussen het die forum ook in ʼn kennisgewing aan lede gesê beleggers sal voorkeurbehandeling ontvang as dit by die uitreik van slagbeurte kom.

“Hierdie is ʼn vraag wat gereeld voorkom.

“In prinsiep sal slagkwotas soos volg werk: Slegs aandeelhouers sal voorkeurslagkwotas ontvang asook ʼn 3% premie op die slagprys van die dag. Hierdie is net vir die aantal aandele wat teen N$4 000 per kop gekoop is.

“As jy ʼn aandeelhouer is, staan jy voor in die ry vir die toekenning van bykomende slagbeurte. As daar meer kapasiteit vir verslagting is, sal al die BVCF-lede, wat nie aandele gekoop het nie, oorweeg word.

“Hierna sal ons enige ander produsente verwelkom om by ons te slag. Ons vertrou daar is ‘n algemene aanvaarding dat produsente-beleggers voorkeurbehandeling sal ontvang,” het die forum gesê.

Alle aandele word aan slagbeurte gekoppel – N$ 4 000 se aandele gee aan ʼn belegger een slagbeurt per jaar. Beleggers kry ook ʼn 3% premie op hul slagprys, met die totale opbrengs wat tot 11% per jaar kan wees.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!