Koesha Martin: Cosdef se besigheidsontwikkeling- en bemarkingsbestuurder saam met ’n groep gelukkige kursusgangers. Foto verskaf
Koesha Martin: Cosdef se besigheidsontwikkeling- en bemarkingsbestuurder saam met ’n groep gelukkige kursusgangers. Foto verskaf

Kom bou gerus jou kliëntediensvaardighede

Doeltreffende kliëntediensopleiding is van kritieke belang vir enige organisasie se sukses.
Hoewel sommige organisasies kliëntediensopleiding as onnodig beskou, gee dit in werklikheid vir ’n organisasie ’n voorsprong.

Dit voeg waarde by vir die kliënt en dryf verkope aan wanneer jy werknemers met die regte gereedskap en vaardighede bemagtig om kliëntediens van ’n hoë gehalte te lewer.

“Sonder jou kliënte het jy nie ‘n besigheid nie. Dit is die kliënte wat die inkomste inbring en hulle is die belangrikste in enige besigheidsomgewing. Elke interaksie wat die maatskappy met 'n kliënt (of potensiële kliënt) het, beïnvloed die besigheid se winste,” beklemtoon Koesha Martin, die besigheidsontwikkeling- en bemarkingsbestuurder by die Namibiese Stigting vir Gemeenskapsvaardigheidsontwikkeling (Cosdef).

Martin verduidelik kliëntediensopleiding kan vertroue opbou en verseker dat jou werknemers jou produkte en dienste ten volle verstaan.

Luidens haar is dit is ook een van die doeltreffendste maniere om kliëntetevredenheid te verbeter.

“Sonder kliëntediensopleiding kniehalter jy jou organisasie se kanse om te groei en te floreer. Hoe goed ’n besigheid vaar, hetsy in terme van inkomste of openbare beeld, kan direk gekoppel word aan hoe kliënte behandel word en hul vlak van tevredenheid.”

Sy voeg by Cosdef is altyd op soek na geleenthede om vaardighede te ontwikkel en sê die resultate van marknavorsing in verskeie sektore het gewys 'n groot behoefte bestaan om kliëntediens te verbeter.

"Die kliëntedienskursus wat Cosdef aanbied, dien as 'n riglyn vir werknemers in sektore wat op 'n gereelde basis met kliënte te doen het en verantwoordelik is vir die implementering en handhawing van 'n uitstekende vlak van kliëntediens."

Die kursus het ten doel om deelnemers te laat besef dat hul sowel as hul maatskappy se sukses begin by die vermoë om 'n eersteklas-kliëntediens te lewer. Dit maak nie saak wie daardie kliënt is en watter maatskappy jy verteenwoordig nie.

Werknemers ontvang opleiding in uitdagende situasies, kommunikasievaardighede, kliëntekommunikasie, konflikhantering, die hantering van moeilike kliënte, die handhawing van 'n goeie gesindheid en algemene werkplekvaardighede.

“In vandag se mededingende omgewing is dit belangriker as ooit om ’n sterk dienskultuur te skep wat deur vaardighede ondersteun word. Die feit dat jy jou werknemers oplei om met die belangrikste komponent van jou besigheid – jou kliënte – doeltreffende interaksie te hê, is wat kliëntediensopleiding so belangrik maak."

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!