Huiseienaarskap in die pragtige dorp van Oranjemund is nou so bietjie makliker.
Foto OTC/Namdeb
Huiseienaarskap in die pragtige dorp van Oranjemund is nou so bietjie makliker. Foto OTC/Namdeb

Eiendomsbesit op Oranjemund vergemaklik

Augetto Graig
Oranjemund se dorpsraad en die Namibiese diamantmaatskappy Namdeb het vandeesweek ’n gesamentlike verklaring uitgereik wat stipuleer dat die partye op 6 Junie 2022 ’n ooreenkoms rakende die verkoop van geboue op dié dorp bereik het.

Die skikkingsooreenkoms ontsluit die verkoop van eiendom in Oranjemund, volgens Namdeb wat dié kusdorp vir jare bestuur het.

Tydens die onderteking van die ooreenkoms het mnr. Elias Kasemba, Oranjemund se burgemeester, gesê: “Oranjemund het potensiaal vir opwindende beleggingsgeleenthede en huiseienaarskap is kern tot die skepping van ’n volhoubare toekoms.”

Mnr. Riaan Burger, Namdeb se uitvoerende hoof, het gesê: “Namdeb se verlengde leeftyd van die myn tot 2042, skep meer geleenthede vir die suksesvolle ekonomiese hervorming van Oranjemund, en die private eienaarskap van eiendomme is kritiek vir die dorp se toekoms.”

Die kwessie het ontstaan toe Oranjemund in 2012 as ’n dorp geproklameer is. Die dorpsraad het eienaarskap van die dorp se grond verkry en Namdeb het van die geboue op dié grond besit.

Namdeb-werknemers huur al lank huise wat aan die myn behoort, maar kon gevolglik nie maklik die huise koop nie.

Die dorp se hervormingspan – saamgestel uit dorpsraadslede en Namdeb-werknemers – se strategie is die oordrag van munisipale dienste; die oorskakeling na gewone voorsiening van gesondheidsorg en onderwys op die dorp; en hervorming deur ekonomiese diversifikasie om die dorp nadat mynbedrywighede gestop het, aan die lewe te hou.

Die oordrag van huiseienaarskap in die middedorp was egter meer ingewikkeld.

Selfs ’n ooreenkoms in 2019 tussen Namdeb en die dorpsraad oor hoe eiendom insluitend 1 037 huise, 42 kommersiële geboue en 20 algemene woonstelkomplekse wat aan Namdeb behoort, aan privaat kopers beskikbaar gestel kan word, kon nie al die struikelblokke uit die weg ruim nie.

Die woordvoerder van die dorpsraad, me. Glennadette Schiltz, het erken daar het ’n agterstand ontstaan wat die nuutste ooreenkoms sal verlig.

“Dit was ’n proses, maar dit is nou uitgesorteer. Die belangstellendes is bekend en van hulle het reeds ’n aanbod om te koop ingedien,” het sy uitgebrei.

Die dorpsraad kon in Oktober 2017 vir die eerste keer sedert 1936, die publiek sonder ’n permit in die dorp toelaat.

Oranjemund se munisipaliteit het ook sedertdien grond gediens, bekostigbare behuising gebou en infrastruktuur opgegradeer. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!