Opknapwerk aan Rehoboth se kragnetwerk veroorsaak onderbrekings
Opknappings aan Rehoboth se kragnetwerk wat tans onderweg is, gaan verskeie onderbrekings in sekere gebiede van die dorp tot gevolg hê. Tot 13:00 word areas van die dorp se Metodistekerk, polisiekantoor, sowel as Blok D oorkant die polisiekantoor geraak. Van 13:00 tot 14:00 is besighede in Kerkstraat en inwoners in die omgewing van die H. van Wyk-saal sonder krag, 14:00 tot 15:00 die Dolman-sakegebied en Blok B, 15:00 tot 16:00 besighede in Bahnhofstraat tot by Auto General asook huise in die omgewing en laastens Blok C en -D vanaf 16:00 tot 17:00.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie