Ontvang warmgoed vir die winter
Sowat 45 werknemers van die Capricorn Groep het in hul strewe om as verskilmakers in hul gemeenskap op te tree, die harte van meer as 70 kinders en versorgers by Hope Village in die Goreangab-gemeenskap verbly met 'n reuseskenking van onder meer komberse, sokkies, serpe, handskoene en doeke tot toiletware. Die groep het ook twee babakamers en 'n klimraam geverf, kamers herskik en aan die kant gemaak, terwyl elkeen ook 'n gesonde maaltyd ontvang het. Hope Village is 'n tuiste vir wees-, kwesbare, verwerpte en ook kinders wat deur MIV/vigs geraak word en huisves 80 kinders tussen die ouderdomme van nege maande tot 27 jaar.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie