Groente uit die woestyn
Hosea verwesenlik sy ma se droom
Die bejaardes van Lüderitz se informele nedersetting Area 7 kry gratis groente.
Tanja Bause
“Dit was nog altyd my ma se droom om ander mense te help sodat hulle hulself kan help. Wanneer ek van my tuin oes en ek het groente oor, dan gee ek dit vir die bejaardes in my gemeenskap. Dit is my plig as ’n jong man om vir oumas en oupas in my gemeenskap te sorg soos ek kan,” het Hosea Iyambo (33) van Lüderitz gesê.
In Maart verlede jaar het hy met sy tuinprojek, ecoyouthluderitz go green NAMIBIA, op die hoofpad tussen Lüderitz en Agaatstrand by die rioolsuiweringsaanleg begin.
Hosea is in die Ongongo-nedersetting in die Omusatistreek gebore. Hy het op tweejarige ouderdom saam met sy ouers Lüderitz toe getrek.
“Landbou, tuinmaak en groente plant is in my bloed. Ek onthou as kind het ek my ma dopgehou. Ek het gekyk hoe my ma met haar hande toor en groente en bome plant. Hoe sy hard in haar mahanguveld werk.
“Sy het ’n natuurlike gawe gehad; alles wat sy geplant het, het gegroei. My tannie is ’n landboudosent by Unam se Ogongo-kampus. Om te plant, is beslis in my bloed,” het hy gesê.
TUIN
Hosea se tuin is by die rioolsuiweringsaanleg geleë, dus is daar altyd water en hy hoef nie vir water te betaal nie.
“My ma het daagliks ’n emmer water sowat vyf kilometer na haar tuin aangedra. Ek moet slegs die water ’n paar meter dra, maar ek volg in my ma se voetspore. Ek doen wat sy gedoen het. Dit is ’n baie klein en nederige begin. Ek is werkloos, maar dit beteken nie ek moet sit en niks doen nie. Ek werk elke dag in my tuin en een dag sal ek ’n suksesvolle groenteboerdery hê.
“Ek het alle soorte groente waaraan jy kan dink in my tuin. Ek het selfs groentee met onder meer soetpatats, soetrissies, mielies, waatlemoene, spinasie, uie, kool en pampoen. Die daaglikse uitdaging – soos diegene weet wat al in Lüderitz was – is die wind. Die wind is baie sterk en aanhoudend. Sonder finansiële hulp is harde werk al wat ek kan doen om my tuin tot die beste van my vermoë en met wat ek het, windbestand te maak. Dit vat harde werk, deursettingsvermoë en ’n positiewe houding. Die dinge wat jy diep in jouself moet vind.”
MY TUIN IS MY VRIENDINWat hom die gelukkigste maak, is dat hy heeltemal selfvoorsienend is.
“Ek het werk vir myself geskep. Ek het altyd iets om te eet. Ek het sedert verlede jaar nog nie een ui, tamatie of soetrissie gekoop nie. Wanneer ek na my tuin gaan, vra die mense my altyd of ek asseblief iets vir hulle kan saambring, al is dit net baie min. Dit was my ma se droom om mense te help, so ek gee my oortollige groente vir die mense. Ek kon ’n koolkop vir N$25 verkoop as ek nie ’n hart gehad het nie, maar vir my is die seëninge genoeg wat die ou mense vir my gee.”
Hosea werk tot ses ure elke dag in sy tuin.
“Ek woon in die informele nedersetting Area 7 en dit is sowat twee kilometer van my tuin af. Ek loop elke dag soontoe en terug sodat ek my tuin kan natmaak, oes en plant.
“Om so ’n tuin suksesvol te maak, moet jy elke dag aandag aan dit gee, ongeag of dit koud, mistig of winderig is. Ek beskou my tuin immers as my vriendin.”
Hosea woon saam met sy niggie en sy het ’n voertuig wat sy bereid is om vir hom te leen om na sy tuin te ry, veral wanneer ’n sterk wind waai.
“Ek maak egter nooit van die aanbod gebruik nie omdat dit haar voertuig is en sy hard vir dit gewerk het. Ek wil self voel hoe dit voel om hard vir iets te werk en dit uiteindelik te bereik.”
Hy het geen formele opleiding in landbou gekry nie en alles wat hy weet, het hy van sy oorlede ma en tannie geleer.
“Ek het ’n gawe van God gekry. Ek het my ma se talent geërf. Ek het groen vingers en wat ek plant, groei en ek moet God daarvoor bedank. Ek is ook oneindig dankbaar vir die twee vroue in my lewe wat my so baie geleer het. Vandag is daar natuurlik ook die internet en niks wat ek nie daar kan leer nie. Ek moet ook ons raadslid Phil Balhao bedank wat my baie ondersteun.”
Hosea se droom is om sy oorlede ma se droom te verwesenlik.
“Ek wil ook voedselsekerheid vir myself en my gemeenskap verseker. Ek wil die regering halfpad ontmoet. Ons almal ken die huidige omstandighede in ons land, veral wanneer dit by die hoë werkloosheidsyfer kom. Groente plant en om selfvoorsienend te wees, is ’n goeie begin.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie