FIMA-konsepwet eers op ys

Minister Ipumbu Shiimi het besluit om die implementering van die opspraakwekkende konsepwet rakende die verpligte behoud van pensioenfondsvoordele uit te stel. ’n Mediaverklaring hieroor is vanoggend deur die ministerie van finansies uitgereik.

Dié besluit volg ná wye konsultasies met rolspelers in die bedryf oor die inwerkingstelling van artikel 2 van die nuwe Wet op Finansiële Instellings en Markte (FIMA) van 2021 wat ter tafel gelê is, en wat bepaal dat mense wat ná 1 Oktober 2022 bedank, vroeg aftree of afgedank word slegs op 25% van hul pensioen geregtig sal wees.

Die voorgestelde wet stel ’n verpligte 75%-behoud van aftreevoordele vir mense wat voor die voorgeskrewe vroeë aftree-ouderdom van 55 jaar uit hul aftreefondse onttrek. Die konsepwet sal sonder uitsondering van toepassing wees op elke aftreefonds wat onder FIMA geregistreer is.

Die uitstel sal voldoende tyd vir breër konsultasies oor die konsepregulasie toelaat.

Die modaliteite oor hoe die konsultasies onderneem sal word, sal mettertyd bekend gemaak word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!