Pensioenarisse van die gelikwideerde voormalige koperreus, TCL, het vanoggend onder aanvoering van hul kwasie-regsgeleerdes opnuut voor die Hoërhof in Windhoek betoog.
Die werkers voer aan dat die Regering hulle N$600 miljoen skuld vir ’n pensioensurplus wat tydens die likwidasie gebruik is om ander finansiële gate toe te stop.
Vandag het die betogers geëis dat die griffier van die Hoërhof in die pad gesteek word weens haar gebrek aan meegevoel en respek vir die gryskop eisers.
Die regstryd, wat in Februarie twee keer voor die hof was, is eers weer in September op die rol. Die werkers sê hulle gaan volgende Vrydag formeel ’n aansoek bring vir die verwydering van die griffier.