24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

7.08.2010

Rus in Vrede, Magdalena

’n LYKWAAK is Vrydagnag by die ouerhuis van die ontslape Magdalena Stoffels in Elizabethstraat Khomasdal gehou.

‘n Koperblaasorkes het voor die huis gewyde musiek gespeel terwyl die lykwakers aangekom het. Die begrafnisondernemer het die kis waarin Magdalena te ruste gelê sou word by die huis besorg waarna eers die ouers en daarna familie en vriende in enkelgelid om die kis gestap en hul laaste eer betoon het.

Saterdagoggend om 08:00 het begrafnisgangers by die huis byeengekom vanwaar hulle met munisipale busse na die Dawid Bezuidenhout Hoërskool vir die roudiens, geneem is.

Met die ter aardebestelling in die Khomasdal begraafplaas het begrafnisgangers “Daar is ‘n plek van sielerus, naby die hart van God” gesing waarna ‘n gebed gedoen is. Terwyl die kis in die graf afgesak het, het die gemeente “The time has come to say farewell to Maggy, How sad we are to say farewell to you” gesing.

Magdalena se ouers, mnr. Victor en me. Magriet Ihuhua saam met haar broers en suster, het stil toegekyk.



Johan Jooste