MET net nog vandag en môre oor waarop lesers ’n vet prys in Republikein en Hi-Fi Corporation se nuusvideokompetisie kan losslaan, het Kelvin Nolte die kans gebruik om te wys hoe hy deur ’n likkewaan gefop is.
Die reptiel het “siek gespeel”, maar toe Kelvin met sy videokamera nader kom, het ta se kind skielik springlewendig koers gekies.
Lesers wat oor nuuswaardige videomateriaal beskik, moet soos die likkewaan maak en daai litte roer. Onthou, die wenner stap weg met ’n Sanyo-videokamera ter waarde van N$3 500.
’n Paneel beoordelaars gaan die wenner Maandag aanwys. Lesers kan gerus intussen ook op Republikein se webtuiste vir hul gunsteling-video stem.
Inskrywings kan nog vandag en môre per e-pos na nuusvideo@ gmail.com gestuur word.
Indien jy sukkel om die materiaal by ons te kry, bel gerus vir Baxter Jones by 061 207 2031. Hy sal stap vir stap aan jou verduidelik hoe jy te werk moet gaan om die video op YouTube te laai, van waar hy dit sal aflaai.