Wat vir sommige Windhoekers na 'n werklike vliegtuigongeluk by die Eros-lughawe in Windhoek gelyk het, was inderdaad 'n oefening om die nooddienste se paraatheid te toets. Die tweejaarlikse oefening word gereël om personeel op te skerp en die volle spektrum van nooddienste, insluitend die brandweer, mediese dienste, polisie, verkeersafdeling en die polisie se honde-afdeling was betrokke. Johan Jooste van Democratic Media Holdings se "Future Media" afdeling was saam met ander media genooi om die spesiale oefening by te woon en doen verslag.