24.5.2012
 Argiewe:

Vandag se Spotprent


Gene Travers

Market indicators


24 Mei 2012

30 Bruidspare gekies


Advertensie
Advertensie

Ons Argiewe

16.02.12

Graf nooit toegegooi

15.02.12

Ongeluk eis bekende in perdrykringe

13.02.12

KK oor vingers getik

14.02.12

Drie fetusse binne ’n week

16.02.12

Kuberkrakers steel miljoene

20.03.2010

Nasionale trots inspireer 1ste Vodacom-wen

Die geesdrif waarmee die Welwitschias die Namibiese volkslied gesing het voor hul Vodacom-beker wedstryd teen die Valke gisteraand in Windhoek se Hage Geingob-stadion, het van die begin gewys hiér is ’n heel ander rugbyspan op die veld.

Die eindtelling van 66 (met tien drieë vir die Namibiërs) teen die Valke se 35 het ’n klein, maar patriotiese skare enduit op hul voete gehad.

Die land se 20ste onafhanklikheidsvieringe kon waarskynlik nie met ’n beter begin op die sportveld afgeskop het nie.

Binne die eerste tien minute al het Namibië drie keer agter die doellyn gaan kuier. Die naaste wat die Valke aan die tuisspan kon kom, was ’n gaping van drie punte, voor die Welwitchias die besoekers uiteindelik in die laaste sowat vyf minute nog drie keer agter hul eie pale gehad het vir kajuitraad – wat toe geen meer salf aan diep-diep wonde kon smeer vir die voormalige Namibiese afrigter John Williams en sy span nie.

Met sy eerste oorwinning in die Vodacom-beker vanjaar het die Welwitschias na die sesde plek op die punteleer van die noordelike been van die kompetisie geklim, met die Griffons en Valke nou onder die Namibiërs op die ranglys.

Namibië se driedrukkers was: Heini Bock (3), Chrysander Botha, Eugene Jantjies, Bradley Langenhoven, Heinz Koll, Llewellyn Winckler, reserwe Morne Blom en PJ van Lill. Heelagter Chrysander Botha het sewe keer oorgeskop.

Vir die Valke het flank Marco Kotze drie keer gaan druk, asook stut Jacques George, wat nog 15 punte met sy skopskoen aangeteken het.

Klik op die kykknoppie om van die aksie te sien.