Die ma van die vermoorde Magdalena Stoffels, me. Magrieta Ihuhua, vra dat wraak nie die eerste gedagte by Namibiërs moet wees as hulle aan haar kind se moord dink nie. Vergifnis is die wagwoord van die moedige vrou wat môre haar dogter wat verlede week aan die hande van ‘n wreedaard gesterf het, moet begrawe.