Die Internasionale lughawe Hosea Kutako het in samewerking met die Namibiese Lughawemaatskappy (NAC) ’n volskaalse lugramp nageboots. Die NAC moet elke twee jaar die oefening by die lughawe oos van Windhoek uitvoer om seker te maak dat hy aan die Internasionale Burgerlugvaart Organisasie (ICAO) se standaard en voorgestelde praktyke (SARP) voldoen.