Kaartkloning en -bedrog is deesdae 'n daaglikse gebeurtenis en Namibië en mense verloor duisende Namibiese dollar as gevolg van dié skelmstreke.
Onderwyl handelsbanke soveel maatreëls as moontlik in plek stel om kaartkloning te verminder en te bekamp, word gebruikers ook gevra om meer bedag te wees op verdagte voorvalle.