Die hoogtepunt op vanjaar se skolerugby-kalender het Saterdag net ná 18:30 aangebreek toe Windhoek Hoërskool en Hoërskool Dr. Lemmer van Rehoboth mekaar die stryd aangesę het om die Metropolitan Raadsbeker in te palm. WHS was die wenners met 35 punte teenoor 13.