11.03.2010 Gedenkmonument vorder fluks
Teenoor die Christuskirche in die hartjie van Windhoek se middestad, verrys die Regering se gedenkmonument vir die vryheidstryd teen ’n flukse tempo.
Die bielie, wat staan van waar die Ruiterstandbeeld sy ry moes kry, is reeds so hoog soos die bekende Duitse kerk se dak en toring steeds hoër.
Die Ruiter is intussen staangemaak voor die Alte Feste, waar dit binnekort opnuut formeel ingewy sal word.
Klik op die videokassie en kyk self hoe die historiese deel van die hoofstad besig is om te verander.
|