Die enigste vroulike tradisionele leier van die San in Namibië, me. Sofia Jacob, gee haar mening oor ’n skenking van 56 bokke aan die San-gemeenskap wat op die plaas Uitkomst naby Otjozondo hervestig is. Sy sê die skenking gee haar mense die kans om uit die greep van armoede weg te breek.