Die Namibië Toerismeraad (NTB) het lede van die media verlede week op ’n opvoedkundige toer na die Kunenestreek geneem om binnelandse toerisme te bevorder. Die Damara Lewende Museum naby Twyfelfontein is beslis ’n besoek werd waar besoekers kan kyk hoe die Damara vroeër geleef het. Daar word onder meer gewys hoe tradisionele medisyne, klere, juwele, wapens en vuur gemaak word en speletjies gespeel word. Een van die hoogtepunte is tradisionele sang en danse.